Memento mori means "remember that you must die" in the language of Latin. It serves to remind us of our own mortality, of our mistakes and failures, of the inevitable transformation of life into death.
Memento mori engendered an opposite imperative -- memento vivere -- the Latin for "remember that you must live." Less common and of more recent vintage (according to the Oxford English Dictionary), memento vivere seems to imply that a preoccupation with death is perhaps unwise and unhealthy.
Hierdie begrip laat my dink aan `n verkoopskursus wat ek jare gelede in Duitsland bygewoon het. Die dame wat vir ons die kursus moes aanbied was vir een of ander rede nie beskikbaar nie en toe kom die hoof-indoena maar die kursus aanbied. So leer ek die sielkundige ken wat van sy jong dae af al vir Gunther Fielmann geken het. Saam het hulle in die 70er jare nagte lank gefilosofeer oor `n nuwe konsep vir die verkoop van bekostigbare brille ( in Duitsland waar die dokters en die mediese fondse koning gekraai het).
Hr. Dunkel (ek dink dit was sy naam) het swart skoene, `n swart jean en `n nou swart polonek trui aangehad. Hy was kaalkop en effens ouer, maar ek sou nie kon se hoe oud nie. Alhoewel hy hoogs waarskynlik die man was wat die hele seminaar ontwikkel het, was hy duidelik nie lus om die standaard seminaar aan te bied nie. Sy gedagtes het op ver paaie gaan draai en hy het vir ons die interessantste staaljies uit die "goeie ou dae" vertel.
Onder andere ook hoe hy en Fielmann `n groot deel van die geld bymekaar gekry het om die nuwe onderneming te finansier...hy was `n internationale bloedkoerier! en dit juis op die tydstip toe die herrie rondom HIV in die 80er-jare losgebars het.
Maar ek dwaal nou af.
Eintlik wil ek vertel van een van die dinge wat hy vir sy eie "amusement" en as deel van sosiale waarneming doen:
Hy stap met sy kaal kop en tydloos van bo tot onder in swart geklee deur die duurste en beste winkels van Hamburg of Munich, soek na sulke opgedolliede tannies of ooms wat sommer lyk asof hulle heeltemal te veel geld het, gaan staan styf agter hulle en fluister in `n diep stem: " Denke daran, auch du muss sterben..."
Hy vertel hoe oneindig baie hy oor die menslike natuur geleer het deur daardie mense se reaksies waar te neem.
Dus onthou: ook jy gaan sterf eendag...
Ja nee, ek sou ook nogal graag daai een op mense wil uithaal. In my jong dae toe ek begin werk het en my middagetes op die besige voetpaaidjies van Pretoria-middestad deurgebring het het ek my eie vermaak op daai manier gehad. Nie met praat nie maar net oogkontak.
ReplyDeleteNou dink ek aan 'n ding wat iemand my ma-hulle endag gegee het. Dit was op 'n vatlappie gedruk: "Wir leben so dahin und nehmen nicht in Acht, dass jeder neue Tag das Leben kürzer macht"