Thursday, 21 November 2013

Memento mori

Memento mori means "remember that you must die" in the language of Latin. It serves to remind us of our own mortality, of our mistakes and failures, of the inevitable transformation of life into death.

Memento mori engendered an opposite imperative -- memento vivere -- the Latin for "remember that you must live." Less common and of more recent vintage (according to the Oxford English Dictionary), memento vivere seems to imply that a preoccupation with death is perhaps unwise and unhealthy.


Hierdie begrip laat my dink aan `n verkoopskursus wat ek jare gelede in Duitsland bygewoon het. Die dame wat vir ons die kursus moes aanbied was vir een of ander rede nie beskikbaar nie en toe kom die hoof-indoena maar die kursus aanbied. So leer ek die sielkundige ken wat van sy jong dae af al vir Gunther Fielmann geken het. Saam het hulle in die 70er jare nagte lank gefilosofeer oor `n nuwe konsep vir die verkoop van bekostigbare brille ( in Duitsland waar die dokters en die mediese fondse koning gekraai het).

Hr. Dunkel (ek dink dit was sy naam) het swart skoene, `n swart jean en `n nou swart polonek trui aangehad. Hy was kaalkop en effens ouer, maar ek sou nie kon se hoe oud nie. Alhoewel hy hoogs waarskynlik die man was wat die hele seminaar ontwikkel het, was hy duidelik nie lus om die standaard seminaar aan te bied nie. Sy gedagtes het op ver paaie gaan draai en hy het vir ons die interessantste staaljies uit die "goeie ou dae" vertel.

Onder andere ook hoe hy en Fielmann `n groot deel van die geld bymekaar gekry het om die nuwe onderneming te finansier...hy was `n internationale bloedkoerier! en dit juis op die tydstip toe die herrie rondom HIV in die 80er-jare losgebars het.

Maar ek dwaal nou af.

Eintlik wil ek vertel van een van die dinge wat hy vir sy eie "amusement" en as deel van sosiale waarneming doen:

Hy stap met sy kaal kop en tydloos van bo tot onder in swart geklee deur die duurste en beste winkels van Hamburg of Munich, soek na sulke opgedolliede tannies of ooms wat sommer lyk asof hulle heeltemal te veel geld het, gaan staan styf agter hulle en fluister in `n diep stem: " Denke daran, auch du muss sterben..."

Hy vertel hoe oneindig baie hy oor die menslike natuur geleer het deur daardie mense se reaksies waar te neem.

Dus onthou: ook jy gaan sterf eendag...
 
 
 
Zentangles en doodles fasineer my op die oomblik. Ek dink dit is veral omdat daar so baie inspirasie op die web te vinde is en `n blokkie is vining klaar geteken, bv. terwyl mens die 15 minute vir die spreier wag om `n spesifieke stukkie gras nat te spuit.
 

Monday, 2 September 2013

Sister

A sister is a gift to the heart
A friend to the spirit
A golden thread to the meaning of life

Monday, 12 November 2012

The Past


“The past is never where you think you left it”
~ Katherine Anne Porter

`n Ma se lysie vir die dag

Ek weet dat my to-do lysie te lank raak as ek nie eers meer weet wat op my to-do lysie moet kom nie.

Alles klink so ordiner en onbelangrik, maar wee ek versuim om een van daardie "onbenullighede" aan te spreek.
Miskien lag ek een dag in die toekoms oor al hierdie werkies wat op die oomblik soos diewe in die nag my tyd laat verdwyn!

Daar is x-strale vir my dogter - maak afspraak
Pille gaan haal vir my seun - voor laas maand se voorskrif verval, waar is die herhalingsvooeskrifte?
Ouma se jasse by die droogskoonmakers gaan haal - ouma wat 1999 oorlede is.
My besigheidskaartjies gaan haal - net 50
UIF uitsorteer
Skoolboeke en klere vir vlg jaar uitsorteer
Plek vir vakansie bespreek
Rekening betaal vir my laptop wat ek laas week lekker opgefoes het.
Gym toe gaan, ja..ja...
Inkopies doen
Nadin se sakkies wegbring - Bergvliet is net so 40km van hier
Ma bel wat more hospitaal toe gaan vir toetse
Agterstallige biblioteekboeke wegbring - laas Dinsdag
Slaai vir klaspartytjie - oops, ek werk daai dag tot 4 en die ding begin om 4, gekoopte slaai?
Ontkiemde saadjies vir biologie-projek
Afskrifte vir musiekeksamen
Nooi vriende vir koffie of ete

O ja, en dan nog vir myself...
Beenhare laat wax
Haarkapper
Mammo
Gyne...sal seker alles eers volgende jaar gebeur.

Kla wil ek nie, en mag ek nie, want ek sit hier en woordjies tik terwyl ek iets kan doen! Tog het ek lankal van myself geleer dat ek al hierdie takies moet neerskryf en bedink in watter volgorde ek hulle gaan benader.

Beslis sal ook `n koppie koffie nou lekker wees. Dit help met die bedink-fase.

Dan laat ek my gedagtes gaan en begin dink hoe bevoorreg ek eintlik is, om al hierdie "takies" te kan doen. Dankie vir gesonde kinders in goeie skole, dankie vir `n bediende en genoeg geld om vakansie te gaan hou. Dankie vir `n beroep wat ek deeltyds kan beoefen sodat ek tyd het vir all hierdie heerlike ma-dinge.

Ja, laat ek nou nie met die witbrood onder die arm begin kla nie.

Fabian: Wir wollen nicht mit dem Weissbrot unter den Arm klagen!

Tuesday, 30 October 2012

Sense of humor

Common sense and a sense of humor are the same thing, moving at different speeds. A sense of humor is just common sense dancing. ~ William James

Monday, 20 August 2012

Die Koperkapel


Die koperkapel - Leipoldt



Die koperkapel kom uit sy gat 

En sluip die randjie rond: 

Dit het gereen; die veld is nat 

en nat is die rooi-geel grond


Die meerkat kom en sy ogies blink

En hy staan orent en wag. 

En die stokou ystervark se: 

Ek dink die reen kom weer vannag


Maar die geitjie piep:Dis glad nie reen! 

Dis klewerig,swart en rooi: 

Kom jy sulke reen in jou lewe teen- 

So glad ,so styf ,so mooi?



En die wyse steenuil waag sy woord: 

Dis bloed ,dis mensebloed! 

Dis lewensbloed wat hierdie oord

se bossie-wortels voed.

Friday, 13 July 2012

Die koue kombuis



Dit is winter in die Kaap en`n doodgewone Vrydagoggend in ons huis. Ek le nog n bietjie in die bed met net my neus wat uitsteek, toe my man heel verontwaardig met my koppie koffie aankom. "Ek het nou net die temperatuur in die kombuis gemeet." se hy. "Dis 12 grade celsius!"

Nou wat ek daarop antwoord? Ja, dit is koud in die winter. Dit moet so wees. Mens trek pantoffels aan en kamerjasse! En dan wag mens tot die sonnetjie uitkom en gaan buitentoe om n bietjie warmte op te suig.

 Maar sien, my man is n duitser. Ek het hom ingevoer. Sy grootwordjare in Hamburg is nog lank nie vergete nie. Hy onthou dan dat dit binne-in geboue veronderstel is om warm of ten minste warmrig behoort te wees. Veral in die winter en veral in die kombuis en nog meer so in die badkamer. Sentrale verhitting vanselfsprekend.

Aan die begin toe ons hiernatoe getrek het (2005), het hy geen probleem daarmee gehad om sommer vir ure die verwarmers aan te he nie, maar na die laaste elektrisiteitsrekening van die stad, begin hy ook se ons moet maar bietjie spaarsamer wees en miskien tog nog n lagie klere aantrek.

Ons lag lekker as hy sy "lange ellie" onder sy sweetpakbroek aantrek in die aande as hy klaar gestort is. Dis nou sy lang onderbroek wat hy nog oorhet van sy tye toe hy diensplig gedoen het in Duitsland. Dis so n olyfgroen jobbie met n y-front en lekker nou pype ondertoe sodat die koue hom nie van onder kan vang nie. Hy se, lag maar lekker, ek is nou die een wat lekker warm kry! En hy`s reg!

Ek het lank genoeg daar anderkant gewoon om te weet dat die weer n baie groot rol speel by die duitsers. Daar`s allerhande reels en segoed rondom die weer.

Die temperatuur in die huis word so tussen 18 en 21 grade gehou. Saans mag dit n bietjie afkoel, maar asseblief tog net nie laer as 16 grade raak nie. Soggens is die eerste lekkerte dan die warm badkamer (as iemand nie vergeet het om die deur toe te maak nie...wat gewoonlik ek was...ai toggie ). Daarna as almal nou hulle klere aanhet word daar "gelueftet" ( ge-lug). Dit beteken, maak nie saak hoe koud dit buite is nie, die vensters word wawyd oop geruk en vars, koue lug stroom in en verfris alles. Dit werk ook goed,as iemand nie vergeeet om die vensters weer toe te maak nie ( wat gewoonlik weer ek was ).

Dan kom ons by die klere en skoene. Ai jennetjie tog. Mens het lang jasse en kort jasse en baadjies in dik en dun, wollerig of glad, weerbestand of nie. O ja, donker kleure vir winter en ligte kleure vir herfs en lente is n moet. Die skoene word uitgesoek volgens leersole of plastieksole afhangende van die hoeveelheid nattigheid wat mens dink jy gaan daardie dag teekom en dan is daar ook nog die sokkies van wol en katoen wat n groot verskil maak...ek is nie sarkasties nie, dis regtig so.

Ek gaan nie daaroor uitbrei nie, maar onthou daar is ook nog musse of pette of hoedens en ook kopbande wat uitgesoek moet word om te pas by die handskoene uit word of leer of sintetiese materiaal. Die besluit of n sambreel saamgevat moet word is n baie belangrike een. Tot my ouers was verbaas toe n reenbuitjie ons eendag in Hamburg verras en almal rondom ons binne sekondes sambrele uit niks uit optoor. "Waar steek hulle dit weg?" vra my ma "En hoe het hulle geweet dit gaan reen?" Ek weet nie, ma, ek weet nie.

As onervare Suid-Afrikaner kan dit dan gebeur dat n mens jouself lekker warm aantrek en dink jy't nou aan alles gedink, OK, alles! Buite is dit so om die 0 grade en jy stap stasie toe,  ry met die trein stad toe en dan stap jy na een van daardie groot indrukwekkende winkels toe. Jy kry glad nie koud nie, want jy`s mos nou lekker warm aangetrek en die stap help ook vir die bloedsomloop. Soos wat jy die outomatiese draaideure binnestap, blaas daar sulke vuurwarm lug op jou, maar jy vermoed nog niks. Na sowat 10 minute kom jy jou fout agter...ja, jy is reg aangetrek vir buite, maar nie vir binne nie, want binne is dit mos 20 of 21 grade! Al die duitsers trek hulle dik buitejasse uit en loop in sjiek woltruitjies rond terwyl jy niks kan uittrek nie, want jy het die pers sloppy jersey aan wat jou ma se vriendin 20 jaar gelede gebrei het. So kan dit gebeur dat mens n mede-landsgenoot ( gelukkig was daar sulkes toe ek daar was ) raakloop wat ook met n hoogrooi, half-verswete gesig rondskarrel om so gou as moontlik alle inkopies klaar te kry. En so leer mens.

Daar word beweer dat daar nie iets soos slegte weer is nie, maar net sleg uitgesoekte klere!

Nou ja toe, ek sien die kaapse wintersonnetjie het nou tog sy kop uitgesteek en ek gaan nou in my voorhuis sit en n lekker koppie koffie drink.

P.S. En moenie worry nie, skat, daar sal nie vannaand n koue kombuis wees nie

[ Als Kalte Küche bezeichnet man in der Gastronomie den Bereich, in dem Speisen angerichtet werden, welche vor dem Servieren nicht mehr erhitzt werden.]